Gedagte vir die dag: Kom sit aan

 hout-tafel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Matteus het toe ’n groot ete aangebied en, werklikwaar, baie van sy medetollenaars en ander berugte sondaars het gekom en die tafel met Jesus en sy dissipels gedeel. (Matteus 9:10)       

Die meeste sondaars het baie daarvan gehou om naby Jesus te wees. Hy het hulle uit die duisternis gelok net soos ’n lig motte lok. Hulle het sy geselskap geniet en Hom na hulle partytjies toe genooi. Mense kon aanvoel dat Jesus hulle liefhet, selfs wanneer Hy moeilike dinge gesê het. Hy was vol genade en waarheid.

Nadat Jesus die Fariseërs vermaan het toe hulle gereed was om ’n vrou vir owerspel te stenig (Johannes 8:1-11), kon Hy vir die vrou gesê het: “Gaan brand vir jou sonde” of: “Gaan en voel vry om verder te sondig.” In plaas daarvan het Hy gesê: “Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Jesus het nie die waarheid ontken nie. Hy het dit bevestig. Sy moes bely. En verander. Jesus het nie sy genade weerhou nie. Hy het haar weggestuur, vergewe en skoongewas om ’n nuwe lewe te lei.

Jesus het saam met sondaars aan tafel gesit, maar Hy het nie saam met hulle gesondig nie; daarom moet ons nie verwag dat Jesus vandag saam met ons sal sondig nie. – Rosaria Butterfield

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae