Gedagte vir die dag: Kom tot rus

Boekevat Foto - Sonsopkoms oor dam

Foto: Christo Brits

Lees Psalm 132:1-5

Ek het rus en kalmte gevind (131:2)

“Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God” (Deut 5:13-14). Só leer die Bybel ons in die Tien Gebooie. Die woord sabbat beteken rusdag. Ons moet hierdie dag gebruik om tot rus te kom ná die week se gejaag. Ons almal het ’n behoefte aan diepte. Dit kry ons deur vas, gebed, meditasie en Bybelstudie, skryf Richard Foster.

Die pelgrims het ook hierdie psalm op pad na die tempel gesing. Dit het hulle help onthou dat die pelgrimsreis nie maar net ’n goeie gewoonte is nie, maar dat dit ’n ervaring moet wees wat jou groter diepte moet gee. ’n Ware ontmoeting met God verander mense radikaal.

Sondag is bedoel om ons geestelik en liggaamlik te versterk vir die week wat voorlê. Probeer om vandag werklik stil te word met ’n kort Skrifdeel. Word eers stil. Jy sal vind dat allerhande gedagtes jou aandag van God probeer aftrek. Skryf hulle neer, indien nodig, sodat jy later daaraan kan aandag gee. Maar raak eers van God bewus. Ontspan. Word stil. Luister na die geringste geluid rondom jou. Voel jou klere en die stoel waarop jy sit. Lees die teks oor en oor en luister na wat God vir jou wil sê.

Here, ek wag op U. Praat met my.

Bron:
Uit die Beek 2017 deur Attie van Wijk
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lena Jonk ·

Stem saam die rusdag is baie nodig vir ons, ons Jesus het geweet ons het dit nodig. Daar is een ding waaroor ek baie oor die lug baklei en dis dat God se naam so ydelik gebruik word in advertensies en grappe omtrent in alles wat baie mense se. Dit is ook n gebod dat ons Sy naam nie ydelik mag gebruik nie.

Moira ·

Vierde jaar dat ek dag en nag smeek en huil en bid, sonder antwoord. Het nou maar antidepressante begin gebruik. Ek wou nie. Daar gesit en huil en vir God gevra om my te vergewe oor ek die antidepressante moet gebruik. Ons pastoor sê as jy swaar kry of arm of siek is het verskuilde sonde en is die Heilige Gees nie in jou nie. Miskien het God my afgeskryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.