Gedagte vir die dag:  Kom     

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here sal by julle bly so lank as wat julle by Hom bly; wanneer julle na Hom vra, sal Hy Hom deur julle laat vind. (2 Kronieke 15:2)  

Terwyl hulle deur die stad se agterbuurt stap, sê ’n ateïstiese haarkapper vir die leraar: “Ek glo nie in ’n God van liefde nie, want as God so goedhartig is as wat jy sê Hy is, sou Hy nie al hierdie armoede, siekte en vuilheid toegelaat het nie.” Hulle kom toe ’n man teë wat baie vuil is met hare wat in sy nek hang en ’n wilde baard. Die leraar sê toe: “Jy kan nie ’n baie goeie haarkapper wees nie, anders sou jy nie toegelaat het dat ’n man so rondloop sonder dat sy hare gesny en sy baard geskeer is nie.” Die haarkapper antwoord toe verontwaardig: “Waarom blameer jy my vir daardie man se toestand? Ek kan nie help dat hy so is nie. Hy het nog nooit by my salon ingekom nie. Ek kan hom vinnig regsien en soos ’n ware heer laat lyk.” Die leraar sê toe: “Moet God dan ook nie blameer omdat mense hulle bose weë voortsit terwyl Hy hulle gedurig nooi om na Hom toe te kom en gered te word nie.” ~ Anoniem

Help ons om U te soek. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maria ·

waarde woord dankie nou hoef ek meer bad en tande borsel en hare kam nie lol! Liewe Here sal my nog teens lief he !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.