Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? (Psalm 15:1)
Dawid dink op ’n tipies Ou-Testamentiese manier: Sekere mense is waardig om God te nader, maar ander moet nog daardie “reg” verdien. Hy noem tien dinge wat ’n regverdige daardie “reg” sal gee: Hy leef onberispelik, hy praat die waarheid, hy skinder en beledig nie, hy hou sy woord, en dies meer.
Die Nuwe-Testamentiese perspektief is egter ’n bietjie anders: Niémand doen hierdie dinge volkome nie, wat beteken dat niémand die reg het om God te mag nader nie. Dit is die feite. Wat nou? Jesus verwerp dit geheel en al dat ons dink ons kan darem beter as ander die tien boksies afmerk en wys eerder op ’n ander pad: dat ons ons onvermoë sal erken en deur God se genade die deur wawyd oop vind. Ja, deur genade ontvang ons wel die reg om kinders van God genoem te word en kry ons komplimentêre kaartjies na God se feesmaal toe. Dit maak ons so bly dat ons in elk geval alles doen wat God wil hê – op al tien maniere …”
Dankie vir u genade, Vader. Sonder verdienste sit ek aan u tafel. Amen.
Amen
Ek wil net een feit regstel. Wanneer ons, ons saak met God reggemaak het, word ons ‘n kind van God. Klaar! Ons word nie ‘n kind van God GENOEM nie. Daar is ‘n groot verskil in die 2 begrippe.
Net ‘n vraag asb Suaan: Watter vertaling van die Bybel moet ek gebruik?