Gedagte vir die dag: Die Koning van harte

Stofpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Nadat Jesus gehoor het dat Lasarus siek is, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. (Johannes 11:6)

In vorige dagstukke het ons al na die volgende verwys: Liefde wat ’n menigte sondes bedek; Jesus se karakter wat geestelike volwassenheid definieer; Jesus wat nie altyd so gewild is onder godsdienstiges nie; godsdienstiges wat nie altyd so gewild by Jesus is nie; Jesus wat mense maklik kan aanstoot gee omdat Hy so anders is; Jesus en die egbreekster in Johannes 8 en die Samaritaanse vrou in Johannes 4. Ons het ook gesê God fokus primêr op ons karakter eerder as op ons gedrag.

Ek wil dit alles demonstreer. As jy wedergebore is en al ’n pad met Jesus gestap het, wil ek jou vra om die volgende vrae te beantwoord: Het jy al ’n besondere ontmoeting met Jesus gehad – een waarin Hy jou siel bemoedig en jou gemoed opgelig het? Het jy die laaste drie maande of so ’n oomblik beleef waarin die Heilige Gees jou oor iets aangespreek het wat al jare aankom en wat jy moet neerlê? Miskien is dit bitterheid, trots of iets dergeliks. Was hierdie saak wat die Heilige Gees aangespreek het reeds in jou lewe toe jy daardie besondere bediening van Jesus ontvang het? Hoekom het Jesus dit nie toe aangespreek nie, maar jou bedien en liefgehad sonder om ’n woord van die draadwerk en nonsens in jou lewe te rep? Hoekom het Hy gewag tot die afgelope drie maande?

Die antwoord is dit was nie die regte oomblik nie. As daar Iemand is wat alles kan uitblaker wat verkeerd is met ons, is dit Jesus, maar Hy doen dit nie, dit is nie sy doel nie. Sy doel is liefde en vertroue waaruit alle lewe en reinheid vloei.

Bron:
Op vlerke van geloof deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.