Gedagte vir die dag: Konings, priesters en profete

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. (1 Petrus 2:9)

Gister het ons ontdek dat ons die gebou van God is. Jesus is die Hoeksteen van hierdie gebou, sê Petrus. Die enigste manier hoe ons tot eer van God opgebou kan word, is om in Hom te bly. En as lewende stene het ons die roeping ontvang om as God se konings, priesters en profete in die wêreld op te tree.

Petrus noem die gemeentes aan wie sy brief gerig is God se uitverkore volk. Alle Christene het ’n bepaalde roeping wat hulle moet vervul. As konings moet God se kinders heers oor elke terrein van die lewe wat God aan hulle toevertrou het; as priesters moet hulle vir ander mense by God intree en hulle lewens aan God toewy. Die belangrikste roeping is egter om profete te wees wat Jesus se verlossingsboodskap aan ander mense sal verkondig.

Here, dit is so ’n belangrike roeping wat U aan my toevertrou het. Help my om u koning, priester en profeet in die wêreld te wees. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

… maar menseregte staan lynregoor hierdie opdrag wat beteken dat die lewe van Christene in hierdie land bedreig gaan word… en ons Bybel en kerke in die gedrang gaan kom. Ons lekkerlewe as draers van die boodskap is verby. Predikante moet nie die onderwerp vermy nie… Of wag hulle tot die eerste kerk brand?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.