Gedagte vir die dag: Konvensionele wysheid en God se wysheid

Sonsondergang - Boekevat - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

Moenie dat jy tekort skiet aan liefde en getrouheid nie. Koester dit soos iets waardevols wat jy om jou nek dra. Skryf dit op die tafel van jou hart. (Spreuke 3:3)

“Enigeen kan ’n fout maak,” sê die algemene spreek woord. “Enigeen hoef nie,” antwoord konvensionele wysheid. “Ek het maar so grootgeword,” lui die standaard opmerking. “Jy hoef nie so oud te word nie,” reageer egte wysheid.

Stereotipes is die storie van derduisende mense se lewe. Stereotipes verander mense in slagoffers. Ons vooroordele oor ander hou ons gevange. Dit kan in lewenslange gevangenskap verander indien ons nie hieruit ontsnap nie. Daarom kom ons wysheid kort; Spreuke se soort. Dit begin met opregte eerbied vir die Here. En dit mond uit in ’n lewenslange groeikurwe op die pad van die Here.

Op die pad van wysheid gaan dit oor ’n nuwe lewe van nederigheid en mededeelsaamheid. Hier gaan dit oor daaglikse keuses tot die reg te soort vreugde voor God en respek vir ander.

God se wysheid is die groot omdraai; die tweede bekering wat ons vrymaak van uitgediende stereotipes en ’n lewe van stagnasie en doodsheid. Sulke wysheid word daagliks geleef.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Die veroordelende tong laat klein swart vlekkies in ons hart ,virus-klein, tog word ander daarmee besmet, al het ons dit miskien nie bedoel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.