Gedagte vir die dag: Kos vir krag

 voedsel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe staan hy op en hy eet, en deur die krag van die kos kon hy veertig dae en veertig nagte lank loop tot by Horeb, die berg van God. (1 Konings 19:8)

God skenk ons baie krag wanneer ons dit nodig het, maar Hy wil hê dat ons daardie krag in diens aan Hom moet gebruik en nie vir tydelike plesier nie. Ons eet die brood van die hemel sodat ons versterk kan word om ons Meester te dien.

Ons moet aanbeweeg nadat ons ons honger gestil het. Die aarde moet dien as voorbereiding vir die hemel. Die hemel is ’n plek waar die heiliges feesvier en werk. Gebruik die krag wat Christus jou gee om vir Hom te werk. Ons het baie te leer oor sy genade. Hoekom voed en verfris Hy ons siele? Sodat ons Hom kan verheerlik.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.