Gedagte vir die dag:  Kosbaar

Arend_Stiltetyd.jpg

Foto: Jannie Oosthuizen

Beskerm my soos die appel van u oog. Bedek my in die skadu van u vlerke. (Psalm 17:8)

Dit gebeur dikwels in ons lewe dat ons hard in die stof val as gevolg van die besluite wat ons neem en die omstandighede wat oor ons pad kom. Dit voel of ons waardeloos is. Maar ongeag wat gebeur het of wat nog sal gebeur, jy sal nooit jou waarde in God se oë verloor nie. Of jy nou vuil of skoon, gekreukel of netjies gestryk is, jy bly vir Hom kosbaar. Ons kan gerus wees in die versekering dat Hy altyd vir ons beskikbaar is en graag in ’n verhouding met ons wil leef.

Vader, ons het waarde omdat ons na u beeld geskep is. Ek bid dat ons nooit sal vergeet wie ons in Christus Jesus is nie. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Agie ·

Amen
Vader, dankie dat U ons onvoorwaardelik liefhet. Ek wil U loof en prys!!!!!

Kornel ·

Wonderlik. Dankie Vader, U is, was en sal vir altyd daar wees.
Ons loof en prys U.

Amen

Maria ·

Jesus was self daar deur lees… Jesaja53 Hy nie beeldskoon,ryk,vris gebou ens nie. God se besluit.
Ek op vir U en dankie U soos n mens nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.