Gedagte vir die dag: Die krag lê glad nie in jouself nie

mense-gesels_mistig_berg_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die  verleidelikheid van die sonde verhard word. (Hebreërs 3:13)

Ons is breekbare houers wat gedurig vars hemelse genade benodig. Sonder ’n bewussyn van ons eie breekbaarheid raak ons maklik verstrik in ons selfsugtige ego’s.

Wanneer dit gebeur, raak ons later net so blind vir ons tekorte soos die keiser in Hans Christian Andersen se sprokie. Die keiser wou mos ook nie erken dat hy nie die “klere” sien wat die twee kleremakers vir hom gemaak het nie. Sy onderdane het maar uit vrees vir sy woede stilgebly oor sy kaallopery. Toe praat ’n klein kindjie eendag hardop die waarheid: “Die keiser is kaal!”

Ons is ewe kaal as ons onsself oorskat en gedurig ons eie beuel blaas. Eers wanneer ons vergeetagtig geraak het oor ons eie belangrikheid, vermoëns of invloed, is ons reg geklee vir die Here se diens. God vul graag leë menslike houers met sy goedheid en met sy hemelse krag. Hy gebruik mense wat nie gedurig hulle eie belange beskerm of veg vir erkenning nie.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sydney ·

Maroela , dankie vir die “Gedagte van die dag” maar wat het gebeur van die kort gebed wat gepaard gegaan het met die mooi dag stukkie. Dit laat ‘n leemte nou waarna so baie van ons na uitsien.

ElgeraineR ·

Ek mis dit ook Sydney, het altyd baie uitgesien na Helena Hugo se dagstukkies.
Nietemin, dankie vir vandag se boodskap.

Landi Slatter ·

Dagsê Sydney en ElgeraineR

Dankie vir jou navraag. Die “Gedagte vir die dag” word saamgestel uit boeke wat die uitgewer aan ons beskikbaar stel (sien die bron onderaan elke “Gedagte vir die dag”). Van die skrywers sluit dus wel ‘n gebed in, en dan publiseer ons dit só. Wanneer die skrywer nie ‘n daaglikse gebed in die oorspronklike boek ingesluit het nie, is dit dus ongelukkig ook nie hier op Maroela beskikbaar nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.