Gedagte vir die dag: Kry wat jy gee

holding-handsGee, en vir julle sal gegee word: ’n goeie maat, ingestamp, geskud en prop vol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word. (Luk 6:38)

Ek het al baie gehoor dat mense hierdie woorde van Jesus gebruik om te sê dat as jy geld gee, God vir jou twee keer meer sal teruggee. Dis egter nie wat Jesus hier sê nie. Eerstens gaan hierdie “teruggee” nie oor God nie. Dit gaan hier oor mense. Tweedens praat Jesus oor oordeel en vergifnis.

Hy sê: “Vriende, moenie met oordeel en bitterheid in julle harte rondloop nie. Vergewe. As julle heeldag oordeel en bitterheid uitdeel, sal julle twee keer soveel ontvang, maar as julle in vergifnis leef, sal julle van mense dieselfde ontvang – en nog meer! Vra jou af wat jy die graagste wil hê: kritiek en oordeel of vergifnis. Deel uit wat jy self wil ontvang.”

Die beginsel van “behandel ander mense soos jy behandel wil word”, staan vas. Dis ’n waardevolle les. Niemand hou van oordeel en kritiek nie, moet dit dus nie uitdeel nie.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Corrie ·

Sal graag gedagte vir die dag wil ontvang as dit nie te veel kos nie asb

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.