Gedagte vir die dag: Kwaad word goed

Olie_lamp_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het my gebring tot in hierdie hoë pos wat ek beklee sodat ek die lewens van baie mense kon red. (Genesis 50:20)

Josef se lewensverhaal is ’n asemophoustorie. Reg aan die begin vererg jy jou so ietwat vir ’n skynbaar verwaande mannetjie. Dan ontdek jy dat God groter planne met die man het. En dan swaai die pendulum. Jy is verbyster oor sy broers se hartelose en moorddadige optrede. Wanneer dit in Egipte aanvanklik goed gaan met die voorbeeldige jong slaaf, raak jy gerus. Maar dan beland die jongman onskuldig in die tronk! Watter ramp. Ook daar hou hy kop bo water. Tot so ’n mate dat hy uit eindelik vrygelaat word en met sy droomuitleg ’n hele land, en oor landsgrense heen, mense van hongersnood red. Ongelooflik!

Nee, nie ongelooflik as jy reken dat dit in die eerste plek nie Josef se verhaal was nie, maar God se plan wat deur Josef tot uitvoering gekom het. Josef was die bruikbare en gewillige instrument in God se hand. Hy het sy eie teenspoed as geleenthede gesien om God te verheerlik. Daarom kon hy later sy broers vergewe omdat die verlies wat hulle hom aangedoen het, gelei het tot die wins van lewensbehoud vir baie mense.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.