Gedagte vir die dag: Kyk in Sy oë          

Sonneblomme_Colette-Schultz.jpeg

Foto: Colette Schultz

Die Here is op sy troon in die hemel! Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders. Die Here onderskei tussen regverdige en goddelose. (Psalm 11:4-5)        

God se oë is oop, sê Dawid. Soms sê mense in bitterheid: “Toemaar, die Here sien – Hy slaap nie!” Hulle woorde kom dalk uit ’n hartseer plek, maar dit spreek ’n waarheid uit. God sien alles! Eendag sal daar ook rekenskap gegee word van alles wat Hy gesien het. Dit herinner ons aan twee dinge:

  • Een, jy hoef nie wraak te neem nie, want God het reeds gesién wat gebeur het – Hy sal regverdig daaroor oordeel op die laaste dag. Gee die saak aan God oor, spreek vry, vergewe en kry vrede in jou hart.
  • Twee, God se oë sien vir my en jou ook. Hy onderskei tussen regverdiges en goddeloses, soos Dawid hier sê. Onthou, dié wat regverdig is, is dié wat Christus se geregtigheid in geloof vir hulleself aanvaar het. Leef dan daardie geregtigheid in jou eie lewe uit!

Nog ’n waarheid wat God se kinders moet onthou: God se oë is vol liefde vir jou.

Dankie dat U met sagte oë na my kyk, Vader – by U ervaar ek net liefde. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Kan net dankie se Alles is genade opreg dankie elke dag is genade

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.