Gedagte vir die dag: Kyk na die sterre!

 sterre_woestyn_pixabay_Stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. (Psalm 19:2) – Deel 1

Vergifnis is ’n saak van lewe en dood. Letterlik. As ons nie by God vergifnis vir ons sonde kry nie, In Psalm 19 neem die digter sy leser op ’n ontdekkingstog. Dit is een van die heel opwindendste reise wat enigeen kan droom om te onderneem. Vir ’n paar oomblikke is jy in ’n ruimtetuig vasgegordel, of neem jy iewers in die sterbelaaide ruimte stelling in agter die lens van die Hubbleteleskoop; die volgende oomblik sit jy in die koel ruimte van ’n kloostersel met net ’n oop Bybel voor jou … Jy word met fyn en keurige digterstaal begelei na ’n ontmoeting met God … en met jouself.

Die hemel getuig van die mag van God! Kyk na die sterre, en ontdek die grootheid en heerlikheid van die Skepper-God. Ek kom al meer onder die indruk van die geweldige prestasies wat die mens al met verloop van eeue bereik het. Tegnologiese ontwikkeling en wetenskaplike insig wat oor jare die een hoogtepunt na die ander behaal, is ’n jubelende loflied oor die mens se vermoëns. Maar terwyl ons deur die menslike prestasies stomgeslaan word, vergeet ons om na die sterre te kyk. Ons sien menseprestasies raak en verloor ons visie op ’n verdere dimensie, nog groter en nog meer verstommend as enige menslike prestasie. Die mag van God …

Kyk na die sterre en ontdek die mag van God. Wanneer wetenskaplikes ons op ’n toer deur die hemelruim neem, praat hulle van ’n oerknal wat alles in beweging gebring het. Wanneer die Bybel ons oproep om na die sterre te kyk, word daar oor die mag van God gepraat.

Bron:
In die skadu van die Allerhoogste deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.