Gedagte vir die dag: Kyk op

son_hoop_wolke_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lea het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Juda genoem, “want,” het sy gesê, “nou sal ek die Here prys!” (Genesis 29:35)

Het jy al gesukkel om liefde en aanvaarding by iemand te kry wat na aan jou is? Lea se man het haar nie liefgehad nie. Jakob het net in Ragel belanggestel. Maak nie saak wat Lea gedoen het nie, maak nie saak hoeveel seuns sy vir hom gegee het nie, sy kon nie hierdie man se goedkeuring wen nie.

“Miskien hierdie keer,” het sy vir haarself gesê. Elke seën wat God haar gegee het, het sy na Jakob geneem. Maar toe kyk sy op. God het haar nog ’n seun, Juda, gegee, en in plaas daarvan om hom na Jakob te neem vir sy goedkeuring, het sy hom na God geneem.

God het Lea op maniere gebruik wat sy nooit sou kon raai nie. Sy plan vir haar was goed, al was haar hart seer. Verwerping maak seer. Kyk nogtans op. God se plan en sy goedkeuring is soveel groter as hier en nou.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

PRYS DIE HERE!!! Sy goedkeuring is VERREWEG van MEER BELANG as ENIGE mens s’n!! PRYS DIE HERE!!! HY IS STEEDS IN BEHEER!!!

Lukie Carelsen ·

Baie dankie vir jou inspirerende daaglikse boodskappe Amanda. Dit beteken vir my, en ek glo baie ander, geweldig baie!

Godfrey ·

Amen prys die Here,ek geniet elke. Boodskap dit voed my geestelike,ek kan ander bemoedig met elke boodskap dankie aan almal wat deep het,die Here se seen word op julle toegerus verwat hulle alles doen..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.