Gedagte vir die dag: Kyk op

pottebakker_klei_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

“Ellende wag vir hom wat sy Skepper verwyt, ’n potskerf tussen potskerwe. Kan die kleipot vir sy maker sê: ‘Wat maak jy?’ Kan jou handewerk vir jou sê: ‘Hy kan nie sy hande gebruik nie’? Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê: ‘Waarom het u ’n kind verwek?’ Of vir ’n vrou: ‘Hoekom het julle ’n kind in die wêreld gebring?’” Die Here, die Heilige en die Skepper van Israel, reageer so daarop: “Betwyfel julle wat Ek doen? Sê julle vir My wat Ek moet doen? Ek het die aarde gemaak en mense geskep om daarop te lewe. Met my eie twee hande het Ek die hemel uitgestrek. Al die miljoene sterre staan onder my bevel.” (Jesaja 45:9-12) 

Te midde van dít wat somber of moeilik is, is die hemelruim nog  altyd daar. Miskien kan jy vanaand – ná die kinders bed toe is of ná jou laataand-e-posse – vir ’n paar sekondes na die naghemel staar en hierdie Skrifgedeelte oordink.

Die Een wat die hemel uitgestrek het, strek jou dalk op die oomblik op maniere wat seermaak, maar die waarheid is dat die lig van sommige van die sterre wat jy nou sien, al eeue lank na jou toe reis en dat God jou ver vooruit is – Hy het alles onder beheer. Soos die hemel hoër is as die aarde, so is sy gedagtes hoër as ons s’n (Jes. 55:9).

Dis in die haak om met God te redeneer. Het jy al ooit die laaste sê gehad?

Here, wat ’n heerlike geheimenis. U is die Pottebakker. Ek is die klei. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shalmain Bender ·

Ja daar is notg steeds droogte in groot dele van ons land. My gebed is dat genoeg reen sal val om ons uit die greep van droogte te kry
Amen

Connie ·

Op die regte tyd sal Hy die reën skenk. Sy tyd is nie ons tyd nie en ons tyd is nie Sy tyd. God laat hom nie voorsê nie en Hy is nooit te vroeg of te laat……. altyd betyds. Hy is in beheer. Dankie Liewe Heer dat ons rustig kan wees met U wat in beheer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.