“Ellende wag vir hom wat sy Skepper verwyt, ’n potskerf tussen potskerwe. Kan die kleipot vir sy maker sê: ‘Wat maak jy?’ Kan jou handewerk vir jou sê: ‘Hy kan nie sy hande gebruik nie’? Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê: ‘Waarom het u ’n kind verwek?’ Of vir ’n vrou: ‘Hoekom het julle ’n kind in die wêreld gebring?’” Die Here, die Heilige en die Skepper van Israel, reageer so daarop: “Betwyfel julle wat Ek doen? Sê julle vir My wat Ek moet doen? Ek het die aarde gemaak en mense geskep om daarop te lewe. Met my eie twee hande het Ek die hemel uitgestrek. Al die miljoene sterre staan onder my bevel.” (Jesaja 45:9-12)
Te midde van dít wat somber of moeilik is, is die hemelruim nog altyd daar. Miskien kan jy vanaand – ná die kinders bed toe is of ná jou laataand-e-posse – vir ’n paar sekondes na die naghemel staar en hierdie Skrifgedeelte oordink.
Die Een wat die hemel uitgestrek het, strek jou dalk op die oomblik op maniere wat seermaak, maar die waarheid is dat die lig van sommige van die sterre wat jy nou sien, al eeue lank na jou toe reis en dat God jou ver vooruit is – Hy het alles onder beheer. Soos die hemel hoër is as die aarde, so is sy gedagtes hoër as ons s’n (Jes. 55:9).
Dis in die haak om met God te redeneer. Het jy al ooit die laaste sê gehad?
Here, wat ’n heerlike geheimenis. U is die Pottebakker. Ek is die klei. Amen
Ja daar is notg steeds droogte in groot dele van ons land. My gebed is dat genoeg reen sal val om ons uit die greep van droogte te kry
Amen
Op die regte tyd sal Hy die reën skenk. Sy tyd is nie ons tyd nie en ons tyd is nie Sy tyd. God laat hom nie voorsê nie en Hy is nooit te vroeg of te laat……. altyd betyds. Hy is in beheer. Dankie Liewe Heer dat ons rustig kan wees met U wat in beheer is.