Gedagte vir die dag: Kyk verby die natuur  as jy God wil raaksien

rivier_kalmte_rustig_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Koning sal vir hulle antwoord: “Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.” (Matteus 25:40)

“As ek in die natuur rondstap, sien ek my Skepper,” sê iemand eenkeer vir my. Dit is waar. Ons lees dikwels in die Ou Testament dat die berge, oseane, strome en velde uitroep dat Hy die Here is. God se handewerk is te sien in sy skepping.

Een van die ontdekkings van my eie lewe was egter om te leer dat die Nuwe Testament nie die klem op die natuur laat val wanneer God se handewerk ter sprake is nie. Jesus sê as ons vir God wil “sien”, moet ons na mense kyk. In Matteus 25:31-46 lees ons hoe Hy op die laaste dag mense innooi in sy heerlikheid omdat hulle goeie dinge vir Hom gedoen het. Jesus sê dan dat in soverre ons goed was vir hongeriges, vreemdelinge, gevangenes en ander, het ons dit vir Hom gedoen.

Ons hoef dus nie in die veld te gaan loop om in God vas te loop nie. Ons sien reeds iets van sy groot handewerke in mense. Selfs al het die lewe hulle bekrap, is dit ons werk as gelowiges om hulle met liefde te behandel. Die Here sal dit raaksien. Hy sal dit vir altyd onthou.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter ·

Die kwaliteit van vandag se mense is taamlik swak. Natuur -en kulturele vernietiging aan die orde van die dag. Ek bly maar by die natuur en belê daarin, nie in mense nie.

Yvonne ·

Here maak my oe en ore oop vir die nood wat so dikwels weggesteek word omdat mense trots is

Riana ·

Dis laster teen God! Teen die natuur van God en die natuur self. Geen wonder die mensdom is in so n lae punt. Christenskap het mense verwyder van God, nie vereenselwig. Die natuur is God, God is in alles, die nattur is nie n tersyde geskaapte alleenstaande entiteit nie, ons ook nie, uit stof onthou? Maar gaan aan, verpletter en verkrag alles in die naam van God huigelaars!

Skalla ·

Kon dit nie beter stel nie. Maar as jy lees dat sommiges God nou al n “haar” noem, n prisma, dan wonder ek soms of weet die mense wie en wat God is? Ek wonder ook of hulle besef waarmee hulle besig is?

Phillip ·

WAT n mooi gedagte van die dag is dit net nie kyk verby my selfmoord gedagtes en kyk na mense en die natuur ek skep weer moet

Cherokee ·

Julle kyk verby die feit dat God nie mens is, maar Gees.
Moet dus nie God in jul gedagtes probeer vermenslik deur van ‘n geslag te praat.
GOD is GROOT… veel meer as waartoe ons gedagtes en verbeeldingsvlugte in staat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.