Gedagte vir die dag: Kyk verby die probleme

man_pad_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my. (Psalm 116:10)

Die psalmdigter ondervind keer op keer dat God hom red, ook in tye wanneer sy lewe regtig in gevaar is. In hierdie tye van aanvegting kon hy dit regkry om in God te bly glo, selfs toe hy gedink het dit was klaar met hom.

Geloof en vertroue werk nog steeds in krisistye. Alhoewel jou probleme soms onoorkomelik lyk, kan jy verby die probleme kyk en vir God raaksien. Jy kan in Hom bly glo, al dink jy dit is klaar met jou.

Wanneer dinge onmoontlik lyk, kan ons wéét: God kan ook die onmoontlike moontlik maak. ~ Martin Luther

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.