Gedagte vir die dag: Laat ander die leiding neem

woestyn_israeli_kameel_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Toe het Moses vir Josua geroep. In die teenwoordigheid van die hele Israel het hy vir Josua gesê: “Wees sterk en hou moed! Jy sal hierdie volk die land inlei, die land wat die Here aan hulle voorouers beloof het. Jy sal die land as hulle erfdeel aan hulle gee.” (Deuteronomium 31:7)

In vandag se teksvers stel Moses vir Josua aan as die nuwe leier van die volk. Josua was vir 40 jaar in die woestyn aan Moses se sy. Toe Moses 120 jaar oud was, het die Here vir hom gesê: “Jy sal nooit die Beloofde Land ingaan nie. Jou assistent, Josua, die seun van Nun, sal die volk die land inlei. Bemoedig hom in sy voorbereidings om die land in te trek” (Deuteronomium 1:37-38). Dit is nie maklik om die leiding oor te gee aan die jonger geslag nie, veral as jy voel jy het iets van die grond af opgebou.

Volgens oorlewering het Henry Ford blykbaar gesê: “Kliënte kan ’n kar in enige kleur kry solank dit swart is.” Toe ek vir my oudste seun van hierdie aanhaling vertel, het hy gesê: “Dit was Henry Ford se ondergang, want al die ander motorvervaardigers het hulle karre verskillende kleure gemaak.” Ons moet voorbereid wees om ons kinders nie net toe te laat om die leisels oor te neem nie, ons moet hulle ook toelaat om die kleur te verander. Dit is hoe die Here dit beplan het.

Ons moet ons kinders toelaat om oor te neem. Jy moet selfs jou kinders toelaat om foute te maak en daaruit te leer. Onthou altyd dat jy en jou kinders in die hande van die grootste Onderwyser van alle tye is, dit is natuurlik die Here Jesus Christus.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sharon ·

Ons ouers sukkel nog om ons meer te vertrou oor ons lewensbesluite. Hulle klou vas aan ons foute en verkeerde keuses wat ons in die verlede gemaak het. Ek sukkel om met hulle te kommunikeer om hulle te verseker dat ons wel gegroei het veral deur die erge traumatiese gebere wat ons ervaar het. Ons het harde lewenslesse geleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.