God het hom geantwoord: “Ek is soos wat Ek is. Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is’ het my na julle toe gestuur.” (Eksodus 3:14)
Ons moet onthou dat God God is. Hy is die Alfa en die Omega (Openbaring 22:13). Hy is die Begin en die Einde. Hy hou alles in sy hand. Hy is die God wat ons sal beskerm wanneer ons voortdurend ons vertroue in Hom plaas.
Charles Spurgeon het gesê God se Woord is soos ’n leeu omdat ’n mens dit nie hoef te verdedig nie. Dit laat my dink aan ’n klein seuntjie wat elke dag dieretuin toe gaan om na ’n groot mannetjiesleeu te gaan kyk wat op en af loop in sy hok. Toe kom daar eendag stout seuntjies wat hierdie leeu met klippe gooi. Die seuntjie was so lief vir die leeu dat hy voor die leeu gaan staan het om hom teen die klippe te probeer beskerm. Al wat die seuntjie eintlik moes doen, was om die hek van die hok oop te maak.
Ons probeer te dikwels resultate behaal deur dit wat ons doen, terwyl ons eintlik moet toelaat dat God dit doen. 1 Korintiërs 2:9 sê: “Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie – dit het God voorberei vir hulle wat Hom liefhet.”
Onthou vandag, al wat jy moet doen, is om die Leeu uit die hok te laat, en Hy sal jou beskerm!
Here dankbaar kom staan ek by U voete….U belowe niks kan my van U skei nie..Amen
Amen
EK IS
Soewerein, onveranderlik, almagtig