Gedagte vir die dag: Laat Gód die werk doen

boer-diversityreporter_com1.jpg

Foto: diversityreporter.com

Trek die nuwe mens soos skoon klere aan, die mens wat na God se beeld geskape is: iemand wat werklik reg lewe voor God en werklik aan Hom toegewy is. (Efesiërs 4:24)

Het jy ook al na ander gelowiges en “goeie” mense gekyk en gedink: Ek sal nooit so kan wees nie! Ek het! As ek hoor hoe die engele van die lewe uitgaan en onder armes gaan werk, as ek sien hoe my vriendin haarself vir ander gee, hoor hoev eel tyd mense aan Bybelstudie afstaan … dan twyfel ek aan my eie geloofspad. En wonder ek of God nie baie met my sukkel nie!

Een van die lewenswaarhede van Michelangelo het my anders daaroor laat dink. Hy het gesê: “Every block of stone has a statue inside it and it is the task of the sculptor to discover it.” Dis nie die onvoltooide stuk graniet wat homself vorm nie. Dis die “Sculptor” wat die werk doen. Dis Hy wat die eindprentjie in gedagte het, wat weet waar om ’n stukke van die klip weg te neem, waar om saggies te beitel, waar om te skaaf … sodat die beeld vorm kan kry. Sodat dit kan word wat Hy gedink het dit kan.

God het nie ’n een-plan-vir-almal-patroon nie. Hy sien elke stukkie beeldmateriaal vir wie hy of sy is. En dan werk God op sy manier en sy tyd aan elkeen van ons. Ons kan onsself maar net oorgee aan ons Beeldhouer!

Vader, vorm my en maak my soos U goeddink, asseblief.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bertie ·

Ons is die klei, U die Pottebakker! vorm my en maak my, net soos U wil!

Sondaar ·

Ek probeer so hard om die geloofspad te stap, maar so dikwels dwaal ek af en doen ek dit wat nie vir God aanneemlik is nie Hoe waar dat God aan elkeen van ons skaaf en skuur. ‘n Moeder wat kanker kry, ‘n seun wat sterf, ‘n vader wat sterf ,n suster wat met kanker gediagnoseer word en dit alles in 9 maande !! Ek glo die Here probeer hiermee my tot die besef laat kom dat ek my lewe moet verander, en gou ook. Here neem u beheer van my lewe en laat my volgens u wil leef .Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.