Gedagte vir die dag: Laat God jou lei

sonsopkoms_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan. (Josua 1:9)

As ons sou terugkyk op ons lewenspad, sal ons spore sien wat soms deurmekaar is en nie sin maak nie. Die toekoms lyk dalk ook vreesaanjaend, onseker en donker. Ons wonder dalk of ons van die mense en plekke waarvoor ons die liefste is, sal moet agterlaat. Ons is dalk bang om die probleme wat oor ons pad kom te trotseer. Die versoeking is soms groot om net te bly waar ons is eerder as om aan te beweeg in die rigting wat God vir ons beplan het.

Wanneer ons bang is om vorentoe te tree, kan dit help om agtertoe te kyk. Die God wat ons gister gehelp het, sal ons môre ook help. Net soos Hy in die verlede vir ons die nodige wysheid en insig gegee het, sal Hy ons ook in die toekoms lei. Sy Woord en al sy beloftes bly altyd vas en waar. “Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd” (Hebreërs 13:8). In Hom is daar altyd liefde, vergifnis en krag vir wat ook al oor ons pad kom.

Vra God jou vandag om iets nuuts te doen? Wees dapper, want Hy is al die pad saam met jou.

Here, ons wil graag sterk en dapper wees. Leer ons om te vertrou dat U met ons is, waar ons ook al gaan. Dankie vir u onfeilbare liefde. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.