Gedagte vir die dag: Laat God se krag deurbreek

 wolke-stiltetyd-karoo-landskap-francois-bezuidenhout.jpg

Foto: Francois Bezuidenhout

Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:13)

In die Christelike lewe gaan dit veral oor ons gesindheid. In hierdie teksvers wys Paulus die gemeente daarop dat hy al baie keer lyding en swaarkry beleef het, maar dat hy deur die genade van die Here Jesus dit elke keer kon hanteer. Trouens, sy lewensuitkyk is om swaarkry te beskou as ’n geleentheid om bly te wees. Juis wanneer hy swak is, is dit ’n geleentheid waarin God se krag deurbreek. Daarom kan die volgeling van Jesus enige situasie wat in sy lewe opduik, hanteer omdat God saam met hom daarin is. Jy kan in alle omstandighede jou struikelblokke in iets positiefs verander deur alles in vertroue op God aan te pak.

Hemelse Vader, help my om in my swaarkry my krag en hulp by U te vind. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frieda

Die Here is my Herder!!

Yvonne

Dankie Here dat U by my is ongeag van my omstandighede