Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys! (Matteus 5:16)
In antieke Rome was daar ’n tempel vir die heidense godin Vesta. By die altaar het maagde as vroulike priesters opgetree en dit was hulle plig om die heilige vlam altyd aan die brand te hou. As die vlam as gevolg van hulle nalatigheid doodgegaan het, is hulle ernstig gestraf. Daarom het hulle dit dag en nag dopgehou. Volg hulle voorbeeld, o Christen. Hou die vlam van goddelike liefde brandend op die altaar van jou hart. Laat dit nooit verdof nie; laat dit nooit doodgaan nie. ~ J.I. Boswell
Here, help my om vandag – en elke dag – my lig helder te laat skyn in ’n donker wêreld. Amen