Gedagte vir die dag: Laat vir Barabbas vry!

kruis Christus

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Juis in hierdie tyd was daar ’n berugte gevangene met die naam Jesus Barabbas. (Matteus 27:16)

Omdat Pilatus die skare graag hulle sin wou gee, het hy toe vir Barabbas vrygelaat, maar vir Jesus het hy aan die soldate oorgegee om Hom met gésels te slaan en daarna te kruisig. (Markus 15:15)

Op die Vrydag van die Paasfees het die openbare teregstelling van politieke oproermakers, moordenaars of rowers plaasgevind. Rome het geen vorm van misdaad geduld nie. Oortreders is gekruisig. Een van die gevangenes was die berugte Barabbas. Hy was volgens die Evangelieskrywers ʼn moordenaar, opstandeling en rower. Hy het as’t ware ʼn driedubbele doodstraf verdien. In ʼn poging om tog vir Jesus los te laat, het Pilatus sy laaste troef gespeel. Die volk kry die keuse wie gekruisig moes word, Jesus van Nasaret of Jesus Barabbas.

Dit klink heeltemal onmoontlik, maar dis waar. Die volk, opgesweep deur die godsdienstige leiers, vra dat Jesus Barabbas vrygelaat moet word en Jesus Christus gekruisig moet word. Met hierdie keuse speel ʼn Goddelike tafereel af, ʼn voorafskadu van wat die kruis inderwaarheid sou beteken. Skuldige sondaars word vrygelaat en die sondelose Seun van God sterf in hulle plek. In my plek. In jou plek.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adel ·

Dankie Jesus dat U vir ons sondes gesterf het en ons vandag nog vergewe in hierdie sondige wêreld!!

Verwonderd ·

Hallelja! Dankie Jesus! Ons is duur gekoop deur Jesus Bloed…!

Boesman ·

Dankie Jesus, wat U gedoen het is ‘n teken van U liefde vir die mens. Ek voel so skuldig omdat ons U steeds elke dag teleurstel deur aan te hou sondig. Maak my ‘n beter mens asseblief sodat ek U liefde waardig kan wees……….!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.