Gedagte vir die dag: Lag word gevorm uit ’n diep wéét

 vreugde-sonsondergang-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

U het vir my meer vreugde verskaf as dié met graan en wyn in oorvloed. (Psalm 4:8)

Dis waar. Die léwe en sy mense kán ons onderkry. Ons vreugde steel. Dís waarom ín God leef ons help om wyer te kyk as ons eie klein gemoed, hoër te kyk as ons oogvlak-lewe en Hóm te sien. Hoor hoe skryf Augustinus in sy Confessions:

But when unknown to me you caressed my head, and when you closed my eyes lest they see things that would seduce me, I began for a little while to forget about myself, and my madness was lulled to sleep. When I awoke in you, I saw very differently, infinite in a very different sense. But what I saw was not seen with the eye of the body.

Gooi vandag saam met Hester Heese die luike van jou lag-hart oop omdat jy beleef: Hy is ín jou.

Ek gooi my luike wawyd oop. My oë kuier by die vlamrooi dag. My mond kry vanself sy lag. Ek stoot my vensterrame hoog op. My hart wil jubel, wil juig. Ek soek vir my ’n plekkie eenkant om voor die Allerhoogste te buig.

U is in my. Ek in U. Daarom, Heilige, het ek ’n diepe vreugde. Ondanks.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.