Gedagte vir die dag: Lasarus se opstanding

Hemelvaart_Opstanding_Stiltetyd.jpg

Foto: Christianheadlines.com

Jesus het die boodskap gehoor en gesê: “Hierdie siekte gaan nie op die dood uitloop nie, maar vind plaas om die heerlikheid van God sigbaar te maak sodat die Seun van God daardeur verheerlik word.” (Johannes 11:14)

Jesus kry die slegte nuus dat sy geliefde vriend Lasarus dood is. Daarna bly Hy vir nog twee dae op die plek waar Hy besig was voordat Hy na Marta en Maria se huis toe gaan. Toe Hy sien hoe hartseer hulle is, het Hy begin huil. Hy wat God, maar terselfdertyd ook mens was, het hartseer gehuil oor sy vriend Lasarus se afsterwe en die hartseer van die twee vroue.

By die graf het Jesus gevra dat hulle die grafklip wegrol. Hulle was versigtig, want Lasarus was al vier dae dood en in die woestynson se hitte het die liggaam al geruik. Jesus het tot God gebid dat Hy sy gebed sal verhoor sodat God verheerlik kan word deur die wonderwerk wat Jesus sou doen. Deur die wonderwerk te sien, sou die mense tot geloof in God kom. Jesus het by die ingang gestaan en na Lasarus geroep. Lasarus het opgestaan en uitgestap met die grafdoeke nog om hom gedraai.

In Johannes 11:45 lees ons dat baie van die Jode wat by Maria was, tot geloof gekom het. Jesus doen hierdie wonderwerk ten aanskoue van baie mense wat saam met die familie rou. God se almag word hierdeur geopenbaar. God wys sy almag deur Lasarus se opwekking uit die dood. Lasarus was vier dae dood en het al geruik. Jesus druk sy hand in die doderyk en haal Lasarus daar uit.

Jesus het hierdie wonderwerk gedoen met die doel om God te verheerlik en sy wonderbaarlike mag te wys. Jode het tot geloof gekom en kon getuig van wat hulle beleef en gesien het. Ons dien ‘n God van wonders. Hy maak mense gesond, maar meer nog red Hy ook mense uit die dood.

Here, U is die God van wonderwerke, die God van hemel en aarde. Ek loof U. Amen.

Bron:
Met ‘n lied in die hart deur Marietjie Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.