Gedagte vir die dag: Leef anderkant die jongste statistiek

 Storm_boom_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here word stadig kwaad, maar sy krag is groot. Hy laat skuldiges nie ongestraf nie. Hy kom in warrelwinde en storms, wolke is die stof onder sy voete. (Nahum 1:3)

Die amptelike misdaadstatistiek sê Gauteng is motorkapers se gunsteling speelplek. Dis nie lekker om sulke statistieke te lees nie, veral as jy self ook al ’n teiken van hierdie goor speletjies was.

Tog weet jy dat die Here altyd aanwesig is. Nee, jou geloof in Hom is nie ’n versekeringspolis teen die lewe se terugslae nie. Of ’n waarborg dat moeilikheid jou elke keer gaan systap nie. Om in die lewende God te glo ten spyte van alles wat die lewe op jou loslaat, vertel egter dat Hy sy goeie hand op jou gelê het. Hy het jou Syne gemaak toe jy op ver paaie verdwaal het. Jy’s nooit alleen nie.  Daarom kan jy die Here altyd aanroep. Hy is oral, ook in die storms.

God sal daar wees … asook by elke ander dag van jou lewe! Christus se laaste woorde is juis dat Hy by ons is al die dae tot aan die einde.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.