Gedagte vir die dag: Leef deur die Gees

sonsopkoms_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Gedagte vir die dag: Leef deur die Gees Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. (Gal 5:25)  

Daar kom dikwels mense met probleme na Shalom toe sodat ons vir hulle kan bid en hulle kan help. Hierdie mense kom van heinde en verre af. Sommige is liggaamlik siek. Party het kanker, hartprobleme of diabetes. Ander is verlam, blind of doof. Die meeste mense wat na ons toe kom vir hulp en gebede, worstel met skuldgevoelens.

Mense kan hulleself dikwels nie vergewe vir die dinge wat hulle in die verlede gedoen het nie. Ons sê altyd vir hulle wat die Woord van God in Romeine 8:1- 2 sê: “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vry gemaak van die wet van sonde en dood.” Wanneer hulle hierdie woorde hoor, kan jy letterlik sien hoe die kettings van skuld van hulle afval. Dan vind hulle vryheid in God deur sy Gees.

Jesus sê in 1 Johannes 1:9: “As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.” Die Here kan en sal dit vir jou doen, want Hy het vir my en vir jou aan die kruis op Golgota gesterf. Hy het al ons sondes op Hom geneem. My vriend, jy moet glo dat die Here jou vergewe. Dan moet jy kies dat die Gees jou lewe beheer. Omdat jy kies om deur die Gees te leef, laat die Gees dan ook jou gedrag bepaal.

Here Jesus, dankie dat U vir my gesterf het om my vry te maak. Heilige Gees, dankie dat U God in my is. Bepaal U my gedrag in hier die lewe. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.