Gedagte vir die dag: Leef in God se krag

Kerk_ou-gebou_Stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees waaksaam! Staan vas in wat julle glo! Wees moedig! Wees sterk! Alles wat julle doen, moet in liefde geskied. (1 Korintiërs 16:13-14)

“My hare is nog nooit geskeer nie. Ek is van my geboorte af as nasireër aan God gewy. As my hare afgeskeer word, sal my krag verdwyn. Ek sal dan magteloos wees en soos enige ander mens” (Rigters  16:17). Die Heilige Gees het vir Simson geweldige fisieke krag gegee waarmee hy nie net teen wilde diere kon baklei nie, maar ook teen die vyande van God se volk. Die sleutel tot sy krag was gehoorsaamheid: As hy ongehoorsaam sou wees en sy hare afskeer, sou sy krag verdwyn.

Elke keer wanneer ons ons eie wil eerder as God se wil kies, is ons ongehoorsaam. As ons hardkoppig is en weier om lief te hê en te luister, skeer ons letterlik weg aan die krag wat ons in Hom het. Wanneer ons egter sy Woord gehoorsaam, laat ons toe dat die Gees ons leefstyl bepaal en word ons “innerlik sterk” (Galasiërs 5:25; Efesiërs 3:16).

Hoe kan ons sterk wees in die Here? Deur op God te vertrou en te wag vir sy hulp (Jesaja 40:31). Deur te bid as ons swaarkry en lofliedere te sing as ons opgeruimd is (Jakobus 5:13). Deur in alles wat met ons gebeur vas te hou aan 1 Korintiërs 16:13-14: “Wees waaksaam! Staan vas in wat julle glo! Wees moedig! Wees sterk! Alles wat julle doen, moet in liefde geskied.”

Voel jy vandag of jy geen krag oorhet nie? Voel jy of jy die stryd om goed te doen, verloor? Is jy bang, gespanne of hartseer? Glo in God en gehoorsaam sy bevele. Hy sal jou vul met sy krag!

Here, gee ons asseblief die krag om U altyd lief te hê en te gehoorsaam. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat ek my krag by U kan put….U se in Ps139 U ken my deur en deur…U weet alles van my af..daarom weet ek U kan my die krag gee…genoeg vir vandag en elke dag..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.