Gedagte vir die dag: Leef in sy vrede!

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpg

Foto: Annelize Brits

Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê. Laat Hy jou leer en neem sy woorde ter harte. (Job 22:21-22)

Die Bybel sê nie “Soek eers die beursie van God en sy byvoordele en voorregte” nie. Daar staan wel geskryf: “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee” (Matteus 6:33).

God ken ons behoeftes en Hy weet dat ons almal drome en toekomsplanne het, maar dit kan nooit die plek van God in ons lewens vervang nie. Eenvoudig gestel: God is nie ons werknemer of ’n subkontrakteur wat ons help om ons doelwitte te bereik nie. Hy het ons geskep en ontplooi om sy doel en wil vir ons lewens op aarde te bereik.

Ons kan nie ontken dat geld ’n belangrike rol in die samelewing speel nie. Geld op sigself is nie kwaadaardig nie. Dit kan wel verkeerdelik aangewend word, maar dit is ook ’n kragtige instrument om goed te doen.

Ek het my kosbare vrou werklik lief. Ons het ’n goeie verhouding wat ek koester. Vir my is dit ’n absolute plesier wanneer ek haar kan bederf met ’n geskenk, of bydra tot iets wat sy graag wil hê. Ek weet haar motiewe is suiwer en haar hart en liefde is toegewy aan my as haar man. Maar as ’n “gouddelwer” met ’n verkeerde motief by my probeer aanlê vir ’n geskenkie, sal ek so vinnig as wat my bene my toelaat in die teenoorgestelde rigting weghardloop. Ek weet my en my vrou se verhouding is gewortel in liefde, en saam kan ons die vrede van God in ons lewe ervaar. En belangriker nog: Daar is eenvoudig geen plaasvervanger vir tyd saam met God deurbring nie.

Dankie, Here, dat U reeds in al my behoeftes voorsien het. Help my om ’n goeie rentmeester te wees van dit wat U reeds aan my gegee het. Amen

Bron:
Manne van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.