Gedagte vir die dag: Leef sensasioneel!

Blom_veld_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Die Here het my eenvoudig oorweldig met sy goedheid. By Hom het ek geleer om op Hom te vertrou en ander lief te hê soos Hy my liefhet. (1 Timoteus 1:14)

Hoe leef jy? Hanteer jy elke dag, week, maand en jaar maar net as nóg ’n periode wat jy so gou moontlik agter die rug moet kry? Dink jy aan die lewe as die werk wat jy moet doen, die inkopies wat nog afgehandel moet word, die kinders wat grootgemaak moet word, finansies wat uitgesorteer moet word? Dink jy aan jou bestaan as ’n reeks verantwoordelikhede wat afgehandel moet word sodat jy weer die volgende plig op die moet-doen-lewenslysie kan aanpak?

Dán geniet jy tien teen een nie die lewe nie, want dan ervaar jy nie meer die Godgegewe lewe met al sy fasette nie. Maak jou oë vir ’n oomblik toe en vóél weer jou eie asemhaling, vóél die temperatuur om jou, vóél die emosies in jou … voel hoe jy lééf.

Gaan leef vandag bewustelik. Moenie net doen nie. Vóél en leef al die fasette van die lewe. Dis sensasioneel!

Vergewe my dat ek die lewe as ’n ellelange pligstaat beskou, Vader. En leer my weer die kuns van lééf!

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oujongvrou ·

Dankie, vandag se stukkie was spesiaal vir my. Ek jaag ook te veel. Is ons boere mense se aard. Gaan probeer om rustiger te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.