Gedagte vir die dag: Leef vir Christus

Namakwa_kokerboomwoud-Copy.jp

Die kokerboomwoud (foto: Namakwa Toere)

Vir my is die lewe Christus, en die sterwe wins. (Filippense 1:21)

Ons praat dikwels oor hoe die gelowiges vir Paulus leer ken en hom liefgekry het. Paulus het geen vrees vir die dood gehad nie, want hy het reeds gesterf. Hy is neergevel toe die Here hom met die lig getref het op die pad na Damaskus om die Christene daar te gaan vervolg (Hand. 9:4-6). Die Here het gevra: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”

     “Wie is U, Here?”

     “Ek is Jesus.”

Paulus het blind geword sodat hy in nederigheid aan sy hand gelei moes word. Ananias, een van die mans wat hy in Damaskus wou doodmaak, moes vir Paulus bid dat hy weer kon sien. Ken die Here vir my en vir jou? As Hy vandag sou terugkom om ons saam met Hom hemel toe te neem, sal Hy ons herken? Dalk is daar ’n nog ernstiger vraag: Sien die wêreld wie ons is? Wanneer ons gereeld plekke besoek waar die mense van die wêreld saamkom – en ons behoort daar te wees as ons die sout vir die aarde en die lig in die duisternis wil wees – weet hulle wie ons is? Paulus is aan sy leefstyl geken. Soos met Jesus, sy Verlosser, was daar óf ’n opstand óf ’n herlewing waar Paulus ook al gegaan het.

Ons het ’n groot behoefte aan mense soos hierdie vandag. Gelowige mense wat sonde by die naam kan noem, maar wat ook sagmoedig en deernisvol is; mense wat by ’n dwelmverslaafde of ’n alkoholis op straat kan gaan sit en met hulle gesels sonder om bekommerd te wees oor wat die mense sal sê; mense wat geloofsgemeenskap sal geniet met iemand van ’n ander ras sonder om bekommerd te wees oor die aanvaarde gebruike of hoe hulle gebrandmerk sal word. Sê mense dit oor jou? “Daardie man, daardie vrou, is ’n kind van God.” Dit is wat Paulus in Filippense 4:9 sê: “En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees.”

Is ons Jesus se ambassadeurs of nie? Ek vertrou die antwoord sal wees dat ons deur sy genade wel is. Ons sal nie meer draadsitters wees nie. Die Here haat louwarm mense (Op. 3:16). Laat ons vandag rooiwarm brand vir Hom, net soos Paulus.

Bron: ‘n Mosterdsaad deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.