Leef weer met hart en siel

 Foto1_see_rotse-1.jpg

Foto verskaf deur ‘Soul Woman’

[promosie-artikel]

Van vroeg af het ons geleer om te doen wat ander van ons verwag. Ons moet glimlag al huil ons van binne; ons moet regop bly al wil ons omval; ons moet gee al voel ons leeg. Met die verloop van jare raak hierdie verwagtinge só ʼn belangrike deel van ons lewens dat ons dikwels nie eens besef hoe hard ons daaraan werk om “goed” in alles te wees nie:  goeie ma’s met kinders wat goed presteer, goeie vroue met goed-geoefende lywe, goeie werknemers, goeie werkgewers, goeie vriendinne, goeie kokke, goeie kinders, goeie bure, goeie susters…

Maar al te dikwels verdring al hierdie goedheid die stem van jou siel. Diep in jou is iemand wat wil leef met vreugde, oorgawe en opregtheid. Hoor jy die fluistering van jou sielstem? Sy roep jou om te gaan stilstaan en te luister; om te herontdek hoe dit voel om te lewe met jou hele hart en siel.

Die “Seal Woman, Soul Woman Retreat” is ʼn drie dag persoonlike reis wat jou die ruimte gee om weer in aanraking te kom met wie jy werklik is. Onder die sagte, bekwame leiding van ʼn kenner op die gebied word jy die kans gegun om op jou tyd en jou manier weer een met jouself te word. Jy gaan ontdek hoe die lewe jou sielstem uitdoof en herontdek hoe om weer ingestel te word op die bron van jou diepste menswees. As deel van ʼn klein groepie (maksimum ses), gaan jy genoeg tyd en ruimte gegun word om werklik tot stilstand te kom, sodat jou alledaagse lewe en siel weer een word.

Die “Seal Woman, Soul Woman Retreat” word aangebied aan die oewer van die Swartvlei-meer in Sedgefield, ʼn lieflike dorpie op die Tuinroete. Sedgefield is 44 km van George lughawe met daaglikse vlugte van en na Kaapstad en Johannesburg. Die omgewing en die inhoud van die “Seal Woman, Soul Woman Retreat” werk saam om dit ʼn onvergeetlike ervaring te maak.

Die volgende geleentheid om die “Seal Woman, Soul Woman Retreat” by te woon is van 9 tot 12 Junie en dit kos R2 800 (akkommodasie uitgesluit). Maroela-lesers kan egter bespreek teen ʼn spesiale tarief van R2 300.

Vir meer inligting en besprekings besoek www.soulwoman.co.za.

Artikel verskaf deur Seal Woman, Soul Woman Retreat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Carol ·

R2800 vir 3 dae……SONDER akkommodasie???? Dis STEEL!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

CS ·

Klink bietjie rof as jy vliegtuig kaartjie en akkommodasie by sit,
as jy van ń ander provinsie af kom.

wanda ·

Ek gaan eerder Eksderde vrouekamp toe, dis op n wildsplaas buite pretoria, daar vind jy jou siel en sien die lewe weer in perspektief, als is gratis, 3 maaltye, verblyf als gratis!! Eenmaal n maand van vrydag tot sondag. Glo my dis n belewenis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.