Gedagte vir die dag: ’n Leefstyl van aanbidding

Arms_uitgestrek_bid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom vanuit ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid. (Johannes 4:24)

Aanbidding is ’n leefstyl. Aanbidding beteken nie om vir ’n halfuur op ’n Sondagoggend aanbiddingsliedjies vir die Here te sing, en dan weer in die middel van die week lofsange tot God te sing wanneer ons in selgroepe bymekaarkom nie. Aanbidding is ’n lewenswyse wat jou hele lewe raak.

Ons aanbid God deur hoe ons leef, nie net deur te sing nie.

Ons kinderhuis word bestuur as ’n aanbiddingsdaad vir die Here, en die geur van Jesus deurdrenk daardie plek. Ons ontvang soveel liefde van God deur daardie kosbare kinders. Ons sien dat Jesus op ons aanbidding reageer in die kinders se optrede.

Jy kan nie meer seën as wat God seën nie. Ons word deur God geroep om Hom in gees en in waarheid te aanbid. As ons dít doen, praat die Here met ons op meer as een manier. Deurdat ek die Here aanbid, seën Hy my meer as wat ek ooit kan beskryf.

Ons aanbid God nie sodat ons iets kan ontvang nie; ons aanbid Hom omdat ons Hom liefhet. Soos ons maar alte goed weet, is ons God van nature ’n vrygewige God. Hy gee graag. Ons het die kinderhuis begin as ’n aanbiddingsdaad vir ons Here Jesus Christus, en Hy het ons meer geseën as wat ons ooit kon droom.

Jy aanbid God deur hoe jy jou huweliksmaat behandel, hoe jy jou geld in die koninkryk saai, deur genadig te wees, deur mense te vergewe wat jou seergemaak het, deur te bid, en deur daagliks jou kruis te dra en Hom te volg. Aanbidding beteken om vir Jesus dankie te sê dat Hy aan die kruis by Golgota gesterf het vir sondaars soos ons. Dit word nie deur omstandighede of situasies bepaal nie – dit word bepaal deur jou persoonlike verhouding met Hom. Ons kan slegs aanbid as ons die Een ken wat ons aanbid, en dit kan net gebeur deur tyd saam met Hom deur te bring, by Hom te leer en gehoorsaam te wees aan Hom.

Dierbare Here, dankie dat U my daaraan herinner dat aanbidding ’n leefstyl is, nie net iets wat ek doen wanneer ek liedjies sing nie. Mag my lewe en alles wat ek doen, aanbidding wees vir U. Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.