Gedagte vir die dag: Leegheid

Blom_veld_stiltetyd_Juanita-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

God het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het. (Titus 3:5-6)

Wanneer jy God se geskenk van verlossing aanvaar en glo dat Jesus Christus jou verlos het, word jy vervul met sy Heilige Gees. Saam met sy liefde, hulp, bemoediging, vrede en vertroosting, is God altyd by jou in die vorm van die Gees. As die Gees nie in jou woon nie, is jou hart soos ’n huis wat leegstaan. Satan is altyd op die uitkyk vir leë harte. Moenie toelaat dat hy in jou hart intrek nie.

Hoe maak jy die leegheid in jou hart vol?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.