Gedagte vir die dag: Leer by Jesus hoe om te leef

Sonsopkoms-strand-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. (Matt 11:28)

Jesus nooi ons hier in Matteus om met al ons laste en probleme na Hom toe te gaan. Jesus is begaan oor ons emosionele en fisieke welstand. Met hierdie woorde vra Hy eintlik vir ons hoe dit met ons gaan.

Ons leef in ’n gejaagde samelewing waar enorme eise aan ons almal gestel word. Of dit nou by die werk is waar jy nie genoeg ure in die dag het nie, en of dit by die huis is waar die eise van jou eggenoot of kinders eenvoudig te oorweldigend raak. Jesus nooi ons almal om alles wat ons so moeg en oorlaai laat voel by sy voete neer te lê. Hy is die enigste plek waar ons rus vir ons siel kan kry. Hy ís ons rus. Ons moet net onthou om wanneer ons by Hom rus gevind het nie weer ons laste op te tel nie. Ons moet dit by Hom los.

Dit is nie nodig om altyd gejaagd en uitgeput te wees nie – vind jou rus by Jesus.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marietjie ·

Baie baie mooi,Jesus sal ons nooit los nie,dis maar net ons self wat hom verlaat,maar Hy staan met Sy arms uitgestrek en sê kom na My toe,wat n wonderlike troos!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.