Gedagte vir die dag: Leer mediteer

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. (Psalm 1:2, Bybel in Afrikaans 1933/1953)

In die Ou Testament word die “regverdiges” onderskei van die “sondaars”. Waar sondaars die geselskap van goddelose mense geniet en graag tyd saam met hulle deurbring, is die regverdiges se behae in die Here. Hulle geniet dit om meer van Hom te leer en oordink sy Woord gedurig. Die teks sê letterlik dat hulle die wet van die Here “bepeins” of “mediteer”, wat in hulle tyd beteken het dat hulle dit gedurig prewel.

Kom ons leer iets prakties hieruit vir ons eie Woordstudie. As ons die Woord lees, lees ons sag maar hoorbaar – ons ore moet dit ook kan hoor. Ons maak dan ons gees oop en lees aandagtig met hierdie gebed: Here, wat wil U vir my sê? As die Heilige Gees dan woorde of frases vir jou uitlig, herken jy dit en herhaal dit. Rol dit rond in jou gedagtes; bedink en bepeins dit, laat die betekenisse daarvan oopvou. Dít is Skrifmeditasie. Neem daardie Skrifwaarhede dan saam in jou dag in.

Heilige Gees, maak die Woord vir my oop. Ek maak ook mý gees vir u Woord oop. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.