Gedagte vir die dag: Leer ons om lief te hê

hart_see_sand_strand_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle. (1 Johannes 4:16)

God roep elkeen van sy kinders om mense lief te hê. Die liefde wat God van jou vereis, word deur Christus gedemonstreer. Kyk na Christus en leer hoe om lief te hê. Die liefde wat Christus gee, is opofferend en rein.

Christus het sy lewe gegee. Hy voorsien in behoeftes. Hy genees. Die liefde van Christus is ’n onbaatsugtige liefde.

Liefde word soms as slegs bevestiging voorgestel. Maar die liefde wat Christus gee, is soveel meer as dit! Dit spoor jou aan om jouself vir ander uit te giet.

Vader, leer ons hoe om lief te hê. Help ons om elke manier waarop U ons liefhet, te sien, en openbaar aan ons hoe om hierdie selfde liefde aan ander te bewys.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.