Gedagte vir die dag: Let op jou hart

hart_klip_hand_stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay)

Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen. (Spreuke 4:23)            

Elke mens is ten dele die produk van sy of haar ouers. Of jy nou ’n lang en lenige brunet of ’n petite blondine is – jou voorkoms is geneties bepaal. Maar ook hoe jou ma jou versorg het – eers as baba in die baarmoeder, daarna as kind – het ’n invloed op die soort volwassene wat jy is. Ook al kan ’n mens redeneer jou genetiese samestelling is deel van God se ontwerp en plan vir jou lewe, kan jy nie jou genetika as ’n verskoning gebruik nie. Niemand van ons kan sê: “Ek kan dit nie help nie – ek kry my opvlieënde geaardheid by my pa!” nie.

As jy dapper genoeg is om eerlik te wees met jouself en jou Skepper, sal jy aanvaar dat jy en jy alleen verantwoordelik is vir jou slim én dom besluite. Besluit om van hierdie oomblik af doelbewus en proaktief te bepaal aan watter van jou natuurlike neigings jy gaan toegee, en watter eksterne invloede jy sal toelaat om die rigting van jou lewe te bepaal.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

RS ·

Baie dankie. Hierdie boodskap kom op so n broodnodige oomblik in my lewe waarvan ek nie kan kop of stert uitmaak nie. Baie dankie.

Kiewiet ·

Baie goed . Antieke tyd was die hart die setel van besluite ,denke . Toe word dit setel van emosies ,liefde .Moderne tyd wonder wetenskap weer of die hart en brein nie tog saamwerk in ons denke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.