Gedagte vir die dag: Let op jou lewe

man_sonsopkoms_dink_denker_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here gaan veral húlle straf wat toegee aan die vuil begeertes van hulle natuurlike drange en wat geen respek vir gesag het nie. Hulle pleeg egbreek met hulle oë, en van sonde kry hulle net nie genoeg nie. (2 Petrus 2:10, 14, NLV)

Petrus sê die dwaalleraars so sleg dat die see hulle nie kan afwas nie!

Hierdie mense gee toe aan hulle natuurlike drange, het geen respek vir gesag nie, is uitdagend en vermetel en kry net nie genoeg van sonde nie. Boonop spoor hulle Christene aan om hulle op hulle sondige paaie te volg en verag hulle God se gesag.

Miskien ken jy ook mense vir wie niks verkeerd is nie en lyk hulle uitspattige leefstyl partymaal vir jou asof dit nogal lekker kan wees. Oppas vir mense wat toegee aan al hulle begeertes – dit lyk nou dalk lekker, maar die pad waarop hulle onderweg is, het vir seker nie ’n goeie einde nie. Vir God se kinders is dit veel beter om aan Hom gehoorsaam te wees en te leef soos Hy van ons vra.

Here, vergewe my dat ek ook al gedink het dit sal lekker wees om alles te doen wat ek graag wil. Leer my om die riglyne in u woord te gehoorsaam en te leef soos ’n volgeling van U. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.