Gedagte vir die dag: Lewe en lig

Sonsopkoms-strand-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis en die duisternis kon dit nie uitdoof nie. (Joh 1:1, 4-5)

Lees Johannes 1:1-5

Die enigste manier hoe sondige mensekinders eendag vir altyd kan leef, is deur geloof in Jesus, die Woord wat mens geword het. Net in Hom is daar lewe, dié lewe wat die lig vir die mense is. Jesus se lig skyn in die donkerte, en kan nooit deur die donkerte uitgedoof word nie. Sy lig is áltyd sterker as die sondedonkerte, en Hy maak die ewige lewe vir ons moontlik. “Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie,” verduidelik Johannes (1 Joh 5:12).

Dit is so eenvoudig soos dit. Sonder geloof in Jesus, is die ewige lewe vir altyd buite jou bereik, maar geloof in Hom bring vir jou lewe en lig.

Dit is God se wil dat jy hierdie Kersfees jóú lig vir Hom sal laat skyn. Onderstreep Jesaja 60:1-2 in jou Bybel: “Kom, Jerusalem (of Louise of Sandra), laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, maar oor jou gee die Here lig.” Hierdie Kersfees moet jý God se lig uitleef en dit deurgee na al mal met wie jy in aanraking kom.

Here Jesus, in U is lig en lewe. Maak dit asseblief vir my moontlik om hierdie Kersfees u lig uit te leef en deur te geeaan ander. Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Antoinette Booysen ·

GOD is groot.!!! Dankie vir die christelike boodskappies. Opregte waardering. Hou asb so aan!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.