Gedagte vir die dag: Lewe vandag ten volle!

 sonsopkoms_lewe-voluit_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle geloof sal meebring dat julle leefstyl goed is. ’n Goeie leefstyl bring mee dat jy God beter leer ken. As ’n mens God ken, kan jy jouself dissiplineer. Selfdissipline bring mee dat ’n mens kan uithou en aanhou. (2 Petrus 1:5-6)

Daar is hoop vir jou ewigheid. En daar is hoop vir jou vandag. God beplan nie jou ewige redding, maar vergeet van jou hede nie. Die verlossende lewe wat Hy aanbied, is vir vandag. Leef dus jou vandag uit!

Leef die vandag uit wat God nog altyd vir jou beplan het en die beloftes wat Hy oor jou lewe gespreek het. Dis nie nodig om te wag nie. Dis nie nodig om te verlang na ’n dag wanneer die wêreld nuut gemaak word nie. Jou lewe kan nou nuut gemaak word.

Die Skrif wat deur God geïnspireer is, herinner jou aan die proses. Dis asof God sê: “Ja, Ek het geweet die proses van hernuwing sou moeilik wees. Dis waarom Ek hier is. Vertrou My.”

Vertrou Hom en leef jou vandag uit!

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.