Gedagte vir die dag: ’n Lewende hoop

sonsopkoms_voels_stiltetyd_Marco-Brits.jpg

Apoka Safari Lodge, Uganda (foto: Marco Brits)

Nou het ons ’n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word. (1 Petrus 1:3-4)

Petrus roep swaarkrymense op om ’n loflied vir God te sing. En dit is nogal nie so maklik om God te loof wanneer dit nie goed met jou gaan nie!

Petrus stip die redes aan waarom Christene God behoort te loof: Hy skenk ons die ewige lewe as ons in Jesus glo en ons het ’n lewende hoop op daardie onverganklike erfenis wat God vir sy kinders in die hemel in bewaring hou.

As jy God se kind is, het hierdie redes tot lof ook op jou betrekking. Jy weet reeds dat jy God kan loof ten spyte van jou omstandighede omdat die ewige lewe nou reeds joune is. Jy mag vervolgens hoop op God se ewige erfenis wat Hy vir jou veilig in die hemel bewaar.

Al kry jy hier op aarde ook hóé swaar, kan niks en niemand jou van hierdie hoop beroof nie – dit is ’n hoop wat lewendig gehou word deur jou geloof. In onseker tye kan jy aan hierdie beloftes vashou!

Hemelse Vader, ek loof U dat ek kan hoop op die ewige lewe wat U vir my in bewaring hou. Amen.

Bron:
Geskenk van genade deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.