
Foto: Reint Dykema.
Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit. (Efesiërs 1:11)
Aangesien ons glo dat God alwys is, moet ons ook glo dat Hy ’n plan met sy verlossingswerk het. Wat sou die skepping wees sonder sy plan? Is daar ’n vis in die see, ’n voël in die lug wat per ongeluk geskep is?
Aangesien God se hand so sigbaar is in sy skepping, kan dit ook in sy genade gesien word. Hy weet van die begin af hoe dinge gaan eindig. Hy sien waar elkeen van ons hoort. Hy het nie net deur die bloed van sy Seun die hoeksteen gelê nie; Hy neem ook elkeen van ons as stene uit die steengroef en poleer ons deur sy genade. Hy weet presies waar elke steen gelê moet word.
Uiteindelik sal almal duidelik kan sien dat God sy groot genadewerk verrig het, volgens sy plan en tot verheerliking van sy Naam.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Dankie Here dat U in ons lewens is. Amen!
Dankie Vader vir die Goeie Nuus in die dae wanneer ons dit nodig het. Amen.
Amen