God sê vir Jona: “Is dit reg van jou om kwaad te wees omdat die plant dood is?” Jona het geantwoord: “Ja, ek is so kwaad dat ek kan sterf!” (Jona 4:9)
Jona kon dit nie verdra dat God sy vyande liefgehad het nie. Jona wou aan die een kant op God se karakter vertrou, sy veroordeling van sonde, maar terselfdertyd wou hy die liefdevolle aard van God se karakter ignoreer. Wil jy ’n deel van God gebruik om jou wil te doen eerder as om God die vryheid te gee om te bepaal wat die beste in die situasie is?
Meester, ek wil U nie regtig toelaat om die Meester te wees nie. Daar is dele van my lewe wat ek wil hê U Meester oor moet wees, en ander dele wil ek self beheer oor hê. Help my om nie meer op myself en my wil staat te maak nie, maar om alles aan U en u liefde oor te gee. Amen.
Word die Bybel ook nou polities-korrek ingespan? Prekies en stekies weer deur Ingelse sendelinge wat die slimste van alle mense op aarde was en is… en kyk hoe lyk die wereld… al minder sendingwerk word gedoen en net welsyn en nogmaals welsyn.
Prioriteit no 1 in opdrag van Jesus is dat ons Sy Woord uitdra na buite, die boodskap van redding deur Jesus alleen! Dis skrikwekkend hoe kerke ook al sienings begin aanvaar dat daar redding buite Jesus om is.