Gedagte vir die dag:  Lewenslange reis

sonsopkoms-pad-toekoms-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Vul ons met u genade in die oggend, dan sing ons van vreugde al ons dae. (Psalm 90:14)

’n Lewe saam met God gaan oor soveel meer as om beïndruk met Hom te wees, sy verlossing te aanvaar en te probeer om gehoorsaam te wees. Dit gaan oor ’n diep vervullende lewe waarin ons Hom leer ken vir Wie Hy is en Hy ons kan wys wie ons ín Hom kan wees.

Om God lief te hê, is ’n voortdurende reaksie op sy aanbod dat Hy daagliks sáám met jou wil reis. Dit beteken dat jy tyd en ruimte in jou lewe maak om Hom te leer ken. En dis dan wanneer jy tyd maak om sy hart vir jóú te beleef, wat iets anders gebeur: Dan word Hy vir jou ’n Teenwoordigheid in jou gewone lewe. Hy word deel van jou wakker word en dink oor die dag, jou beplanning, dagtake, jou verhoudings en hoe jy gewoon lééf. En hoe meer jy Hom leer ken, hoe meer sal jy groei in die waarheid van ’n ryk en vervullende lewe.

Liefde vir jou Here is ’n lewenslange proses waarin jy elke dag ontdek hoe diep en wyd sy genadeliefde vir jou is. Mag jy nooit alleen reis nie.

Ek weet: Ek reis nooit sonder U nie. Want U is ín my. Altyd!

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.