Gedagte vir die dag: Lewens­onder­steuning­stelsel

hout_kruis_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

’n Kruik vol suur wyn het daar gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptak gesit en dit teen sy mond gehou. Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas. (Johannes 19:29-30)

Jy het waarskynlik baie goeie redes waarom jy seergemaak, verraai, kwaad of verlate voel. Vergifnis gaan nie daaroor om die folterende pyn van jou storie of jou geregtigheid op woede te verminder nie. Vergifnis ontken nie die verlede nie. Dit plaas egter die verlede waar dit hoort – agter jou.

Dit kan jou dalk help om te vergewe as jy jou voorstel dat jy saam met hierdie mense staan wat jy glo jou iets skuld – soos ’n groot verskoning. (En dalk sjokolade.) Stel jou die waarheid voor dat jy vir baie sondes vergewe is en dat al hierdie ander mense ook vir baie sondes vergewe is. As Jesus na hulle kan kyk en sê: “Dit is nou afgehandel,” wie is jy om hul sondes aan ʼn lewensondersteuningstelsel te koppel?

Die meeste van hierdie mense loop sonder enige probleme in die wêreld rond, lig, vry en heeltemal onbewus van jou wrok. Hulle het geen idee dat jy ’n koma in jou eie hart veroorsaak en stilletjies doodgaan nie.

Die dapper, pragtige ding om te doen, is om te vergewe. Wat voer jy die bitterheid of die woede om dit lewend te hou?

Jesus, my sonde en die sonde van die persoon wat teen my gesondig het, is alles aan die kruis vasgeslaan. U het dit afgehandel. Dis verby. Help my om die verligting daarvan te aanvaar. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Genieve ·

Here help my om nooit verbitterd teenoor ander te wees nie en om die verlede ook agter my te sit.

Gert ·

Wat n pragtige Gedagte Vir Die Dag is dit nie. Baie dankie. Om volkome vry te kom. Nuwe lewe, voluit, in oorvloed!!

vrou van 'n alkoholis ·

Vandag word ek van alle kante af oorval deur boodskappe oor vergifnis – vandat ek die radio aangeskakel het toe ek opstaan, tot op FB, tot per e-posse! Duidelik moet ek, maar hoe vergewe ‘n mens iemand wat elke keer maar net weer en weer en weer dieselfde ding doen? 70 x 7? Ek wens ek het geweet, maar ek is maar net ‘n mens…….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.