Gedagte vir die dag: Liefdadigheid begin tuis

sonsondergang_familie_stiltetyd_pixabay-1.jpg

Foto: pixabay.com

As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was. (Johannes 13:14)

Is jy opgewonde oor jou lewe? Wat is jou visie vir die Here? Wanneer gaan jy iets omtrent hierdie visie begin doen? Die manier om te begin, is om sommer vandag weg te spring – by die huis, met jou ma, pa, broer en suster.

Wat moet jy doen? Jy moet in klein dingetjies begin getrou wees; dít is hoe God jou sal seën. Jy wil dalk die hele wêreld help, maar wat sê dit as jy nie eens na jou eie gesin kan omsien nie? Begin in jou eie huis. Dit is wat Jesus gedoen het: Hy het sy vriende en familie bedien. Hy het die dissipels geleer deur hul voete te was. Ja, God het hul voete gewas!

Jy sien, God gee jou die visie en dan bou jy daarop voort. Jy moet eenvoudig begin om getrou te wees in klein sake, want as jy dit nié by die huis kan doen nie, sal jy dit nooit daarbuite in die regte wêreld doen nie. Jy wil dalk jouself beskikbaar stel om voltyds in die bediening te werk. Dit is wonderlik. Begin bid.

Wat jy moet doen, is om dít wat jy het aan te gryp en te gebruik. Onthou die klein seuntjie wat na Jesus toe gekom het. Hy het twee visse en vyf broodjies gehad, wat hy vir Jesus gegee het. Jesus het dit geneem, geseën, vermeerder en vyf duisend mans daarmee gevoed – en dit sluit nie eens die vroue en kinders in nie!

Die Here stel nie belang in jou vermoë nie; Hy stel belang in jou beskikbaarheid. Laat ons minder daaroor besorgd wees om die evangelie mondelings te preek – laat ons eerder die Woord uitleef sodat mense na ons toe kan kom vir ’n koppie tee of ’n warm maaltyd, maar ook vir geestelike voedsel en bemoediging.

Jy moet nou jou lewe agtermekaar begin kry sodat jy gereed sal wees wanneer God jou vir groot dinge roep.

Liewe Here, my hart is so lief vir mense en ek wil so graag u liefde met hulle deel. Help my om getrou te wees in die klein dingetjies – om u goedheid aan almal om my te bewys – sodat U my ook met groter dinge kan vertrou wanneer die tyd daarvoor aanbreek. Ek wil ongelooflike dinge vir U doen! Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JAN ·

Charity begins and ENDS at home.
By ons naastes ons huwelik en gesin.
En dis waar dit eindig na 60 70 jaar!!
Maar nie ten koste van vreemdelinge nie. Hmmm moeilik nê?

JAN ·

Kerrn kwessie is dat die wonderlike Barmhartige Samaritaan nie die vreemde na sy huis toe gevat het nie maar na versorgings oord.
Dit is presies waaroor die moord op Verwoerd gepleeg is ter wille van globalisasie.
Hmmmmm?

Anoniem ·

Dalk was die “versorgingsoord” baie nader as sy huis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.